Vondsinsameling 2012/Vertaling/AdrianneW Versoek

This page is a translated version of the page Fundraising 2012/Translation/AdrianneW Appeal and the translation is 100% complete.

1

Daai dik roman het my verewig gevat om klaar te maak, maar ek was verlief. In my vyfde graad, het ons die taak gekry om ons klasmaats te leer oor enige vak van ons keuse. Ek het hulle geleer van negentiende eeuse literatuur.

Vandag, soos julle kan raai, is ek 'n Engels professor. Ek dra ook by tot Wikipedia, deur artikels te redigeer oor skrywers soos Mary Shelley, die skrywer van Frankenstein, en Jane Austen, wat Pride and Prejudice geskryf het.

Wanneer ek dink aan my werk op Wikipedia, dink ek nie aan myself as iemand wat inligting bydra nie; ek dink aan myself as 'n onderwyser. Deur Wikipedia, bereik ek mense ver weg van enige klaskamer. Slegs die afgelope maand, was wikipedia se artikel oor Jane Austen meer as 115000 keer bekyk.

By my universiteit, het ek toegang tot baie kwaliteit bronne. Maar meeste mense het nie toegang tot hierdie bronne nie; hulle is versteek agter 'n geldmuur. Deur Wikipedia te redigeer, kan ek help om hierdie ongeregtigheid reg te maak.

Ek is lief vir studeer. Ek was nog altyd. Dis hoekom ek so sterk daarin glo dat dit beskikbaar moet wees vir almal.

Stem jy saam? Indien so, sluit by my aan ter ondersteuning van Wikipedia.

Bio

Adrianne se navorsing is gefokus op 18de eeuse Britse literatuur.As 'n post-doktoraat vir Digitale Onderwys en Navorsing, help sy ook haar kollegas om nuwe maniere te vind om Wikipedia te integreer in hul klaskamers.