Wikimedia Foundation elections/2021/Candidate Requirements/af

This page is a translated version of the page Wikimedia Foundation elections/2021/Candidate Requirements and the translation is 100% complete.

The election ended 31 Augustus 2021. No more votes will be accepted.
The results were announced on 7 September 2021. Please consider submitting any feedback regarding the 2021 election on the elections' post analysis page.

Die verkiesing van trustees voldoen aan die Wikimedia Stigting se sorgplig. Trustees tree redelik, deeglik en ingelig op, en bring die sorg wat van 'n omsigtige persoon verwag word. Hierdie sorgplig het betrekking tot die versigtige verkiesing van individue wat op die raad dien. Hierdie individue moet nie die raad in oneer bring nie.

2021 Board Elections
Main Page
Candidates
Voting information
Single Transferable Vote
Results
Discussions
FAQ
Questions
Organization
Translation
Documentation
This box: view · talk · edit

Kandidate behoord die Wikimedia Stigtingsraadhandboek deur te lees, asook die wettige en vertrouensverpligtinge vir trustees voordat hulle aansoek doen om aan die verkiesing deel te neem.

Rolle en verantwoordelikhede van 'n Trustee

Die kuratorium hou toesig oor die Wikimedia Stigting se werksaamhede. Goeie trustees maak goeie bestuur moontlik deur die CEO / uitvoerende direkteur en indirek deur die personeel. Hulle bestuur nie die organisasie in sy daaglikse werking nie. Die raad se toesigrol sluit besluitneming, monitering en leierskap in.

Hierdie verantwoordelikhede is onder meer:

  • Besluitnemings rondom strategie en die doele en beleide van die organisasie;
  • Monitering van die Wikimedia Stigting se prestasie, risiko's, finansies en compliance;
  • Advisering van die CEO / uitvoerende direkteur en senior personeel met behulp van toepaslike kundigheid en ervaring; en
  • Kommunikasie met die Wikimedia gemeenskap rondom die rol en verantwoordelikhede van die Raad.

Trustees handhaaf die wetlike en etiese integriteit van die organisasie. Hulle werf personeel en kweek ook diversiteit in die Raad. Trustees moet altyd in die beste belang van die Wikimedia Stigting optree. Trustees kan gekies word deur 'n gemeenskapstem, maar sodra hulle tot die Raad verkies word, is hulle nie gemeenskapsverteenwoordigers nie.

Vind meer uit oor die rol van die Kuratorium in die Wikimedia Stigting Handboek.

Kiesbaarheid

Kandidate moet die pligte van raad- en komiteediens nakom. Dit sluit onder meer in dat hulle ondersoek instel oor relevante kwessies, die ingeligte besluite neem, en raadsvergaderings bywoon. Die toelatingsvereistes vir kandidate is dieselfde as vir kiesers met hierdie addisionele vereistes:

  • jy is nog nooit skuldig bevind aan 'n ernstige misdaad of enige misdaad wat oneerlikheid of misleiding behels nie;
  • jy is nog nooit weens wanbestuur of wangedrag uit 'n pos by 'n organisasie sonder winsbejag verwyder nie;
  • Ten tyde van die benoeming of verkiesing is jy nie vir tydperk van 30 dae of langer verban of geblokkeer by enige Wikimedia-projek nie;
  • As jy slegs aan die vereistes vir kiesers as redakteur voldoen: jou eerste wysiging moes voor 9 Junie 2019 gewees het;
  • Jy moet jou regte naam op jou kandidaataansoek bekend maak;

Dit is nie moontlik om 'n posisie op die Kuratorium onder 'n skuilnaam te beklee nie, want die identiteit van die raadslede is 'n openbare rekord.

Aansoekvereistes

  1. Jy mag nie in jou aansoek of antwoorde op vrae skakels na lyste van endossemente of ander platformbladsye insluit nie, en jy mag nie aan 'n kandidatelys met ander kandidate deelneem nie.
  2. Aansoeke word aanvaar tussen 00:00 9 Junie 2021 (UTC) en 23:59 29 Junie 2021 (UTC). Jy kan jou aansoek slegs tot en met 3 dae na indiening verander, of tot en met die sluiting van die nominasietydperk om 23:59 29 Junie 2021 (UTC). Geringe taalversorging is aanvaarbaar buite hierdie tye. (Sien nota oor regstellings van aansoeke.)
  3. Jy moet voor 23:59 29 Junie 2021 (UTC) bewys van jou identiteit aan die Wikimedia Foundation indien. 'n Lid van die Verkiesingskomitee sal jou hieroor kontak nadat jy jou aansoek ingedien het.

Kandidate wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie word uitgesluit uit die verkiesing.

Dien 'n bewys van identiteit in by die Wikimedia Foundation

Kandidate vir hierdie pos moet 'n bewys van identiteit en bewyse van mondigheid indien as voorwaarde vir verkiesbaarheid. 'n Afskrif van een van die volgende dokumente voldoen hieraan:

  • Rybewys
  • Paspoort
  • Ander amptelike dokument wat regte naam en ouderdom aantoon

Hierdie kan aan die Wikimedia Stigting per e-pos gestuur word by secure-info wikimedia.org.

As jy as 'n kandidaat geselekteer word, mag die Wikimedia Stigting addisionele identifiserende inligting aanvra om 'n agtergrondsondersoek te doen voordat jy as raadslid aangestel word.

Hoe om jouself verkiesbaar te stel

As jy aan die vereistes voldoen kan jy aansoek doen as kandidaat.