Wikimedia Stigting verkiesings/2021/2021-07-02/2021 Bevestigde kandidate

This page is a translated version of the page Wikimedia Foundation elections/2021/2021-07-02/2021 Confirmed Candidates and the translation is 100% complete.

Die 2021 Trusteeraadsverkiesing open op 4 Augustus 2021. Kandidate vanuit die gemeenskap is gevra om hulself verkiesbaar te stel. Na 'n drie week lange oproep vir kandidate, is daar 20 kandidate vir die 2021 verkiesing.

Die Wikimedia Stigting Trusteeraad lewer oorsig oor die Wikimedia Stigting se werksaamhede. Die Raad wil sy vakkundigheid en diversiteit verbeter. Hulle het die vakgebiede wat hulle in nuwe trustees soek gekommuniseer.

Die Wikimedia beweging het die moontlikheid om vir trustees vanuit die gemeenskap en geaffillieerde organisasies te stem. Daar word dan van die Raad verwag om die vier kandidate met die meeste stemme as Trustees op te neem, met ingang September, vir 'n ampstyd van drie jare.

Hoe kan jy betrokke raak?

Leer meer oor die kandidate

Kandidate vanuit die hele gemeenskap het hulself verkiesbaar gestel. Leer oor elke kandidaat om 'n ingeligte stem af te gee. Die gemeenskap het vrae aan die kandidate gestel om tydens die veldtog te beantwoord. Kandidate beantwoord die vrae vanuit die gemeenskap wat deur die verkiesingskomitee op Meta saamgestel is. In die komende weke, het kandidate ook die moontlikheid om video's van hulself in te dien waar hulle hul standpunt stel.

Neem deel in aktiwiteite rondom die veldtog

Die span van fasiliteerders wat hierdie raadsverkiesing ondersteun het 'n paar aktiwiteite vir die tydperk tot en met die verkiesing beplan. Hierdie aktiwiteite is op die Raadsverkiesingsbladsy op Meta te sien.

Gemeenskapslede word aangemoedig om aktiwiteite in hulle eie gemeenskappe te organiseer. Ons vra dat enige aktiwiteite wat kandidate wil betrek, hulle tyd respekteer, omdat dit tydrowend is om as kandidaat te staan. Lys asb. aktiwiteite wat jy organiseer op die raadsverkiesingsbladsy op Meta sodat meer mense hulle kan vind. fasiliteerders en verkiesingsvrywilligers is beskikbaar as jy ondersteuning benodig.

Stem

Stemming vir die 2021 raadsverkiesing open op 4 Augustus 2021 en sluit op 17 Augustus 2021. Die verkiesingskomitee het besluit op 'n verkiesingsisteem van "Single Transferable Vote" (enkel oordraagbare stem). Vind meer uit oor die voorvereistes vir stemreg, die proses, en gereelde vrae oor stemming.

Enkel Oordraagbare Stem

Die verkiesingsisteem maak dit vir kiesers moontlik om die kandidate in volgorde van voorkeur te lys. Dit stel kiesers in staat om hulle voorkeure duideliker te stel as deur eenvoudige stemme vir en stemme teen kandidate. As jou gunsteling kandidaat reeds genoeg stemme het om gekies te word, of geen kans het om gekies te word nie, word jou stem na jou tweede kandidaat oorgedra, ensovoorts. Die fasiliteerders het 'n prettige voorbeeld uitgedink.

Versprei asseblief die boodskap sodat meer mense kan help om die beste kandidate te vind om die Wikimedia Stigting te help lei en die behoeftes van die beweging oor die komende paar jare te ondersteun.

Groete,

Die verkiesingskomitee