Wikimedia Foundation elections/2021/2021-06-09/Call for Candidates/af

This page is a translated version of the page Wikimedia Foundation elections/2021/2021-06-09/Call for Candidates and the translation is 100% complete.

The election ended 31 Augustus 2021. No more votes will be accepted.
The results were announced on 7 September 2021. Please consider submitting any feedback regarding the 2021 election on the elections' post analysis page.

Hallo almal,

2021 Board Elections
Main Page
Candidates
Voting information
Single Transferable Vote
Results
Discussions
FAQ
Questions
Organization
Translation
Documentation
This box: view · talk · edit

Die 2021 kuratoriumsverkiesing is net om die draai. Kandidate van die gemeenskap word benodig om die beskikbare posisies te vul.

Die Wikimedia Stigting se Kuratorium hou toesig oor die Wikimedia Stigting se werksaamhede. Die Kuratorium bestaan uit trustees vanuit die gemeenskap asook gekoöpteerde trustees. Elke trustee dien vir drie jaar. Die Wikimedia gemeenskap het die geleentheid om vir die gemeenskapstrustees te stem.

Wikimedia bydraers sal stem om vier raadsetels in 2021 te vul. Dit is 'n geleentheid om die representativiteit, dieversiteit en kundigheid van die Raad te verbeter.

Wie is moontlike kandidate? Is jy 'n moontlike kandidaat?

Profiel

Wikimedia is 'n wêreldwye beweging en soek kandidate uit die breë gemeenskap. Kandidate moet nadink oor watter ervarings en perspektiewe hulle sou inbring in die Raad. Ideale kandidate identifiseer met die missie van Wikimedia en is nadenkend, respekvol en gemeenskapgeorienteer. Die Raad soek perspektiewe en stemme wat onderverteenwoordig is en essensieel is vir ons beweging.

Verpligting

Trustees dien vir drie jare en kan vir tot drie opeenvolgende termyne dien. Die tyd wat afgestaan word is ongeveer 150 ure per jaar, waarby reistyd nie inaggeneem is nie. Die tyd is nie gelykmatig oor die jaar versprei nie, maar is gekonsentreer rondom Raadsvergaderings. Die verwagting is dat Trustees op ten minste een van die Raadskomitees dien.

Vereistes

Engels is die bestuurstaal van die Raad. Kandidate het 'n basiese begrip van Engels nodig, maar ondersteuning en opleiding is deel van die inlywingsproses. Kandidate se aansoek word in 'n hele aantal tale vertaal om 'n breë stemvolk te bereik.

Doen aansoek

Kandidate van alle projekte en gemeenskappe wat aan die vereistes vir 'n Wikimedia Trustee is welkom. As jy iemand ken wat 'n goeie trustee sou kon wees, moedig hulle aan om hulself verkiesbaar te stel. Kandidate kan informasie vind en hulle nominasie indien op die Kandidaatsaansoekbladsy.

Dankie vir jou ondersteuning,

Die Wikimedia Stigting se Kuratorium