Wikimedia Blog/Voorlopige/Ope brief van die 12A-leerlinge van Hoërskool Sinenjongo in Suid-Afrika
Hierdie blad is tans net rofwerk. Meer inligting hieroor kan moontlik by die besprekingsblad verkry word. Vertalingsadministrateurs: gewoonlik moet konsepte nie vir vertaling gemerk word nie. |
Title
'n Ope brief vir gratis toegang tot Wikipedia
In November 2012 het studente van [1] 'n ope brief geskryf aan selfoonnetwerke om hulle te motiveer om geen datakoste te hef wanneer studente Wikipedia gebruik nie, sodat hulle dit kan gebruik wanneer hulle huiswerk doen. In Mei 2013 het ek en Charlene Music vir hulle gevra om hul ope brief vir ons te lees voor die kamera. Hieronder is die brief.
Die koste van data is 'n groot struikelblok wat gratis toegang to Wikipedia vir miljoene mense belemmer. Hierdie studente will hê dat hul selfoon netwerke aansluit by Wikipedia Zero, 'n program georganiseer deur Wikimedia Foundation om selfoon toegang tot Wikipedia - sonder data kostes - moontlik te maak in ontwikkelende lande.
Ons sal die langer dokumentêr oor die klas deel sodra dit gereed is. Terwyl ons dit nog verwerk soek ons na:
1. 'n Paar vrywilligers wat kan help om onderskrifte te vertaal vir die video asook die langer dokumentêr. Daar is tans [2] elf amptelike tale in Suid-Afrika alleen. Ons benodig vrywilligers vir al elf tale en so veel as moontlik ander tale indien moontlik.
2. 'n Grafiese kunstenaar wat ons kan help met titels, kaarte en statistieke vir die dokumentêr. Indien jy belangstel, kontak my: vgrigas wikimedia.org of maak kontak op my bladsy hier User:Vgrigas.
3. As jy saamstem met hierdie studente, deel asseblief die video hierbo.
Victor Grigas
Visuele storieverteller, Wikimedia-stigting