Universele Gedragskode/Hersiene toepassingsriglyne/Stemgeregtiges inligting.

This page is a translated version of the page Universal Code of Conduct/Revised enforcement guidelines/Voter information and the translation is 94% complete.
Outdated translations are marked like this.

VOTE HERE

Universal Code of Conduct

Daar sal vanaf 17 Januarie 2023 tot 31 Januarie 2023 gestem kan word om die Universele Gedragskode (UGK) se Hersiene toepassingsriglyne te bekragtig al dan nie, via SecurePoll. Alle wettiglike stemgeregtiges, binne die Wikipedia Gemeenskap, het 'n geleentheid gehad om die Toepassingsriglyne te aanvaar of te verwerp en redes vir hulle besluit te gee. Goedkeuring van die Toepassingsriglyne is belangrik om toepassingmetodes en prosesse vir die Gedragskode daar te stel. Meer besonderhede oor steminstruksies, insluitende kiesergeskiktheid, kan hieronder gevind word.

Sien ook Stem Vrae en Antwoorde vir inligting oor die uitbring van 'n stem.

Stemproses

As u stemgeregtig is:

  1. Hersien die hersiene toepassingsriglyne vir die Universele gedragskode beleid.
  2. Besluit of u die aanvaarding van die teopassingsriglyne wil ondersteun of teenstaan. As u die riglyne teenstaan, skryf aanbevole veranderinge aan die riglyne neer, ingesluit by u stem.
  3. Leer hoe om u stem uit te bring met SecurePoll.
  4. Gaan na die SecurePoll Voting-bladsy en volg die instruksies:
  5. Herinner ander gemeenskapslede om te stem!

Waaroor word daar gestem?

In die middel van Januarie sal die toepassingsriglyne (EG's) vir die Universele Gedragskode 'n tweede gemeenskaps wye bekragtigingstem ondergaan. Dit volg op die stemming in Maart 2022, wat 'n meerderheidsteun uitslag gelewer het, maar belangrike gemeenskaps bekommernisse uitgelig het wat die raad se Komitee vir Gemeenskapsake (KG) versoek het om hersien te word. Die Hersieningskomitee het die gemeenskap se voorstelle hersien en veranderinge aangebring. Areas van kommer, soos die balans tussen privaatheid en deursigtigheid, sowel as opleidings- en bevestigingsvereistes, is bygewerk.

Die Wikimedia Stigting se Raad van Trustees ondersteun 'n gemeenskapstem oor die UGK se toepassingsriglyne voorstel na aanleiding van die Raad se eie bekragtiging van die UGK. Die Trustees besef ook die waarde van die steun van so 'n stemming soos verlang word deur die gesamentlike brief van arbitrasiekomitees en 'n opname van vrywillige beamptes, geaffilieerde lede en die konsepkomitee.

Een van die belangrikste aanbevelings van die strategiese doelwitte vir 2030 was die gemeenskaklike skepping van 'n UGK om 'n wêreldwye basislyn van aanvaarbare gedrag vir die hele beweging te bied met geen verdraagsaamheid vir teistering nie.

Universele Gedragskode Toepassingsriglyne

Hierdie riglyne is vir die toepassing van die Universele Gedragskode. Die kern van die UGK is reeds deur die Raad van Trustees bekragtig na oorlegpleging met die gemeenskap, sonder 'n eksplisiete meningspeiling onder die gemeenskap. Dit sluit voorkomende, speur- en ondersoekende aksies in, en ander aksies wat geneem kan word om oortredings van die Universele Gedragskode aan te spreek. Handhawing sal hoofsaaklik hanteer word deur, maar nie beperk nie, tot aangewese beamptes oor alle aanlyn- en aflyn Wikimedia-projekte, geleenthede en verwante ruimtes wat op derdeparty-platforms aangebied word. Dit sal op 'n georganiseerde, tydige manier en konsekwent oor die hele Wikimedia gemeenskap toegepas word.

Die UGK toepassongsriglyne bestaan uit twee gedeeltes:

  • Voorkomende werk
    • Bevordering van UGK-bewustheid, wat onder andere UGK-opleiding aanbeveel.
  • Reagerende werk
    • Besonderhede van 'n proses vir rapportering, verwerking van gerapporteerde oortredings, die verskaffing van hulpbronne vir gerapporteerde oortredings, die aanwys van afdwingingsaksies vir oortredings, ens.

Hoekom moet ons stem?

Bekragtiging van die toepassingsriglyne is nodig om toepassingsweë, prosesse en aksies vir die UGK te finaliseer. Die stemming oor die toepassingsriglyne is ontwerp om die gemeenskap se steun aan die UGK te evalueer en terugvoer in te samel oor kiesers se sienings oor die huidige voorstelle. Hoe dit ook al mag sy, dit is belangrik om jou siening via jou stem te laat hoor en as u "nee" stem, is dit belangrik om te sê oor watter deel(e) van die riglyne U bekommerd is, en waarom.

Baie belangrik, om te stem sal:

  • Verseker dat jou Wikipediaprojek se sienings teenwoordig in die globale besluit is.

Hoe om te stem

 
'n Probleem word met die SecurePoll -stelsel ondervind. Let veral daarop dat votewiki kan voorstel dat u nie aangemeld is nie. Jou stem sal steeds tel.

Lees asseblief hierdie gedeelte, voordat U met Securepoll begin, om nuttige inligting te verstaan sodat die stemproses maklik kan verloop.

  • Die stembrief sal die stemvraag stel en twee opsies bied. Kies asseblief "nee" of "ja". Stemme waar nie 'n "nee" of "ja" gekies is nie, sal nie by die finale telling ingesluit word nie.
  • 'n "Kommentaar"-boks sal vir jou 'n plek bied om kommentaar te lewer oor enige bekommernisse wat u met die voorgestelde riglyne het.
  • SecurePoll sal u dan in kennis stel dat u stem aangeteken is.
  • U kan weer in die verkiesing stem. Dit sal jou vorige stem vervang. U kan dit soveel keer doen as wat U wil.

Hoe sal die uitslae bepaal word?

'n Meerderheidsuitslag van meer as 50% van deelnemende gebruikers sal nodig wees om oor te gaan na die Raad van Trustees se bekragtiging. Tans het die beweging nie 'n enkele praktyk rondom slaag-/druipstemprosesse om te volg nie (sommige prosesse gebruik iets nader aan 'n oormag (2/3), terwyl ander 'n eenvoudige meerderheid gebruik (50% +1), terwyl ander 'n numeriese stemtelling heeltemal vermy). Vir hierdie proses, om dit in lyn te hou met die meeste referendums in werklike jurisdiksies, is 'n eenvoudige meerderheidstem gekies.

Stemme sal deur 'n onafhanklike groep vrywilligers nagegaan en die uitslae sal gepubliseer word. Soos met die eerste stemming, sal kiesers beide kan stem en kommer oor die riglyne kan gee. Die Raad van Trustees sal kyk na vlakke van ondersteuning en bekommernisse wat geopper word terwyl hulle kyk hoe die Toepassingsriglyne bekragtig of verder ontwikkel moet word.

Sal persone buite die Wikipedia Stigting betrek word om die stemming se egtheid te verifieer?

Die uitslag van die stemming sal vir onreëlmatighede ondersoek word deur vrywillige Wikimedians met ervaring in Stigting stem- en verifikasieprosesse. Persone wat die stemme moet ondersoek sal later bekend gemaak word.

Stemgeregtigheid

Algemene reël

U mag nie in meer as een projek geblokkeer word om te kwalifiseer om te stem nie.

Gebruikers

U mag stem vanaf enige enkele geregistreerde rekening wat u besit op 'n Wikimedia wiki. U mag net een keer stem, ongeag hoeveel rekeninge u besit. Om te kwalifiseer, moet hierdie een rekening:

  • nie in meer as een projek geblokkeer wees nie;
  • en nie 'n bot wees nie;
  • en het ten minste 300 wysigings voor 3 Januarie 2023 op Wikimedia wiki's aangebring;
  • en het tussen 3 Julie 2022 en 3 Januarie 2023 minstens 20 wysigings aangebring.

Die Rekeningverkiesbaarheid-instrument kan gebruik word om die basiese stemgeregtigde geskiktheid vinnig te verifieer.

Ontwikkelaars

Ontwikkelaars kwalifiseer om te stem as hulle:

  • Wikimedia-bedieneradministrateurs is met doptoegang
  • of ten minste een saamgevoegde verbintenis tot enige Wikimedia deponerings van Gerrit tussen 3 Julie 2022 en 3 Januarie 2023 gemaak het.

Bykomende kriteria

  • of ten minste een saamgevoegde verbintenis tot enige storing in nonwmf-uitbreidings of nonwmf-skins tussen 3 Julie 2022 en 3 Januarie 2023 gemaak het.
  • of ten minste een saamgevoegde verbintenis tot Wikimedia gereedskap stoor (byvoorbeeld: magnustools) tussen 3 Julie en 3 Januarie gemaak het;
  • of ten minste 300 wysigings voor 3 Januarie 2023 aangebring het en ten minste 20 wysigings aangebring het tussen 3 Julie 2022 en 3 Januarie 2023, op translatewiki.net
  • of instandhouding/bydraers van enige gereedskap, bots, gebruikerskripte, toestelle en Lua-modules op Wikimedia-wiki's;
  • of wesenlik betrokke was by die ontwerp- en/of hersieningsprosesse van tegniese ontwikkeling wat met Wikimedia verband hou.

Let wel: As u aan die belangrikste kriteria voldoen, sal u onmiddellik kan stem. As gevolg van die tegniese beperkings van SecurePoll, kan mense wat aan die bykomende kriteria voldoen, moontlik nie direk stem nie, tensy hulle aan enige van die ander kriteria voldoen. As u dink u voldoen aan die bykomende kriteria, e-pos asseblief ucocproject@wikimedia.org met die redenasie ten minste vier dae voor die laaste datum vir stemming, dws voor of op 27 Januarie 2023. As u aan die kriteria voldoen, sal ons u per hand op die lys voeg om te kan stem.

Wikimedia Stigting personeel en kontrakteurs

Huidige Wikimedia Stigting personeellede en kontrakteurs kwalifiseer om te stem as hulle vanaf 3 Januarie 2023 in diens van die Stigting is.

Wikimedia beweging affiliasies se personeel en kontrakteurs

Huidige Wikimedia Chapter, tematiese organisasie of gebruikersgroeppersoneel en kontrakteurs kwalifiseer om te stem as hulle vanaf 3 Januarie 2023 in diens van hul organisasie is.

Lede van formele liggame soos omskryf in die verordeninge van die huidige Wikimedia Chapters, tematiese organisasies of gebruikersgroepe kwalifiseer om te stem as hulle vanaf 3 Januarie 2023 in daardie funksies gedien het.

Wikimedia Stigting raadslede en advies raadslede

Huidige en voormalige lede van die Wikimedia Stigting Raad van Trustees en die Wikimedia Stigting Adviesraad is stemgeregtig.

Wikimedia Beweging Komiteelede

Huidige lede van die Wikimedia Bewegingskomitees kwalifiseer om te stem as hulle vanaf 3 Januarie 2023 in daardie funksies dien.

Wikimedia Beweging gemeenskap organiseerders

Gemeenskapsorganiseerders in goeie naam, wat nie kwalifiseer om onder ander kategorieë te stem nie, kwalifiseer om te stem as hulle aan een van die volgende voldoen:

  • het sedert 1 September 2021 aansoek gedoen, ontvang en verslag gedoen oor ten minste een Wikimedia Stigting-toelae
  • was 'n organiseerder van ten minste een befondsde tegnologiedag, kompetisie of ander Wikimedia-geleentheid met dokumentasie op die wiki en het ten minste 10 deelnemers/besoekers/deelnemers tussen 3 Januarie 2022 en 3 Januarie 2023 gehad.

Adisionele kriteria

As u dink u voldoen aan die bykomende kriteria, e-pos asseblief ucocproject@wikimedia.org met die motivering ten minste vier dae voor die laaste datum vir stemming, d.w.s. voor of op 27 Januarie 2023. As u aan die kriteria voldoen, sal ons u met die hand by die kieserslys voeg.

Vrae oor die stemmery

  1. Hoe kan ek my geskiktheid verifieer?
    Gebruikers kan die RekeningGeskiktheid-instrument gebruik om die geskiktheid in die huidige verkiesing te verifieer. Die wêreldwye rekeninginligtingbladsy is beskikbaar om meer te wete te kom oor u wysigingstelling en bydraegeskiedenis.
  2. Hoe word geskiktheidsvereistes bepaal?
    Die Wikimedia Stigting Raad het die geskiktheidsvereistes voor die aanvang van die verkiesing bepaal. Dit is dieselfde vereistes wat vir die Raad van Trustees se verkiesings gebruik word.
  3. Stemgeregtigde kieser kan nie stem nie
    U kan 'n boodskap ontvang: "Jammer, u is nie in die voorafbepaalde lys van gebruikers wat gemagtig is om in hierdie verkiesing te stem nie."
    Oplossings

    Maak seker u is aangemeld.

    Maak seker u stem vanaf Meta-wiki, u kan hierdie skakel gebruik om na die begin van die stembladsy te gaan.

    As u 'n ontwikkelaar, Wikimedia Stigtig-personeellid, Wikimedia Beweging-komiteelid, 'n kwalifiserende begunstigde of adviesraadslid is, het u dalk nie 'n spesifieke gebruikersnaam nie en sal dit per hand by die kieserslys gevoeg moet word. U moet ucocproject@wikimedia.org kontak om by die lys gevoeg te word. 'n Versoek moet binne 72 uur gestuur word om by die lys te voeg word.

    As u steeds nie kan stem nie en glo u mag, laat asseblief 'n boodskap op die verkiesingspraatjieblad of kontak die Verkiesingskomitee by ucocproject@wikimedia.org. 'n Versoek moet binne 72 uur gestuur word.

  4. Ek kan nie met VoteWiki aanmeld nie
    U hoef nie by VoteWiki aan te meld om te stem nie. As u die stembrief sien, het SecurePoll u suksesvol geïdentifiseer. Om veiligheidsredes word slegs 'n beperkte aantal rekeninge op VoteWiki geregistreer.
  5. Kan iemand sien vir wie ek gestem het?
    Nee, die verkiesing is veilig. Die verkiesing gebruik SecurePoll-sagteware. Stemme is geheim. Niemand van die Verkiesingskomitee, die Raad of enigiemand op die Wikimedia Stigting-personeel het toegang daartoe nie. 'n Lid van die Trust & Veiligheidspan by die Wikimedia Stigting hou die enkripsiesleutel vir die verkiesing. Sodra die sleutel geaktiveer is, word die verkiesing gestaak.
  6. Watter data word oor kiesers versamel?

    Sommige persoonlik identifiseerbare data oor kiesers is sigbaar deur 'n paar uitgesoekte persone wat die verkiesing nagaan en verifieer. Sien die bekragtigingsondersoekers soos hierbo aangekondig.

    Dit sluit die IP-adres en gebruikersagent in. Hierdie data word outomaties 90 dae na die verkiesing uitgevee.

  7. Hoe sal hierdie data gebruik word?
    Statistieke oor hierdie verkiesing sal opgesom word op die verkiesingsbladsye se uitslae op Meta en die na-ontledingsverslag van die verkiesing. Geen persoonlik identifiseerbare inligting sal gepubliseer word nie. Hierdie persoonlik identifiseerbare inligting mag gebruik word om die aantal onafhanklike kiesers en die wêreldwye verspreiding van kiesers te bepaal.
  8. As ek stem, sien ek geen erkenning dat die stem ontvang is nie, en 'n outomatiese boodskap verskyn wat sê dat ek aangemeld moet wees om te stem. Wat het gebeur?

    U hoef nie by votewiki aan te meld om te stem nie. Hierdie fout is waarskynlik 'n geheue probleem. Probeer asseblief weer stem by m:Special:SecurePoll/vote/394.

    Let ook daarop dat u vry is om u stemvoorkeure soveel keer toe te ken of te verander as wat u wil. Slegs een stem per gebruiker sal gestoor word, en die stelsel sal eenvoudig jou ou stem(e) met die nuwe een vervang en enige vorige stem(e) weggooi.

    Wanneer jou stemproses voltooi is, word 'n bevestiging op jou skerm vertoon, wat u kan behou as bewys dat u gestem het.

  9. Hoe word die stemstelsel beskerm teen gebruikers wat meer as een stem invoer?
    Slegs een stem per gebruiker word op die stelsel gestoor. Dit staan u vry om u stemvoorkeure soveel keer toe te ken of te verander as wat u wil. Die stelsel sal eenvoudig jou ou stem(e) met die nuwe een vervang en enige vorige stem(e) weggooi.
  10. Word personeel gedwing of aangemoedig om op 'n spesifieke manier te stem?
    Nee, die personeel van die Wikimedia Stigting en dié van die affiliasies word nie aangemoedig om op 'n spesifieke manier te stem nie. Ons moedig almal aan om onafhanklik te stem. Vir die riglyne vir die handhawing van gedragskodes om effektief te wees, benodig ons eerlike insette om ons te help om vas te stel of daar dele vir verbetering is.
  11. Is die Trust en Veiligheid-span bevooroordeeld met betrekking tot die uitslag van die stemming?
    Die Trust en Veiligheideenheid het drie bene: Beleid, Disinformasie en Bedrywighede. Die span wat die UGK fasiliteer, is die Beleidspan. Die beleidspan is nie betrokke by ondersoeke na gebruikersgedrag nie. Alhoewel daar nie geglo word dat die Operasie-span bevooroordeeld is of sou wees nie, was hierdie skeiding van funksies opsetlik juis om onbedoelde vooroordeel te vermy. Die beleidspan word nie beoordeel deur die vraag of hierdie gesamentlik geskepte dokument op die eerste lopie goedkeuring verkry of verdere ontwikkeling nodig is nie. Die span word egter beoordeel of dit goed met die gemeenskap werk. Dit beteken die ontwikkeling van 'n samewerkende benadering tot die afdwinging van die UGK wat vir die gemeenskap sal funksioneer. Ons doel is om daardie verantwoordelikheid so goed as moontlik na te kom.
  12. Ander vrae wat nie hier genoem word nie
    Vir tegniese of stemstelselfoute, stuur 'n e-pos aan ucocproject@wikimedia.org. Spesifiseer asseblief die gebruikersnaam waarmee u probeer stem en die projek waar u probeer stem. 'n Lid van die projekspan sal so gou moontlik op jou e-pos reageer.