Af.wikinuus:Skryf 'n artikel

Lees asseblief hierdie bladsy voordat jy 'n artikel bydra!

Enigeen, insluitend jyself, kan vir Wikinuus skryf! Tik net 'n titel in die ruimte hieronder, soos bv. Konflik in die Vrystaat en klik op "Create article" om te begin skryf:



Jy sal 'n bladsy sien wat leeg is, behalwe vir 'n paar voorafgelaaide "merkers" wat jou sal help met die formaat van jou artikel.

Hierdie merkers is:

  • Die {{datum}} merker.
    Dit plaas jou artikel in die korrekte datumkategorie, bv.: {{datum|October 28, 2006}}
  • Die {{Ontwikkel}} merker.
    Dit dui aan dat die artikel nog in ontwikkeling is, en dit sal dan ook gelys word as "in ontwikkeling". Sodra jy gereed is om dit te publiseer, kan jy dit vervang met {{Publiseer}} en die bladsy dan stoor.

Belangrike stappe

Hierdie is die stappe wat gevolg moet word voordat 'n artikel gepubliseer word. Alhoewel nie net 'n enkele bydraer al hierdie stappe self hoef te doen nie! Jy kan so min of soveel as wat jy wil, doen - die breër gemeenskap van bydraers kan dan die storie verder vat.

Is jou storie nuus?

Kyk na die inhoudgids om te sien watter tipe artikels Wikinuus verlang.

Begin jou storie

Eerstens, kyk na die Tuisblad onder "Nuutste nuus" en "Ontwikkelende stories" om te sien of jou storie nie dalk alreeds gedek is nie. Jy kan ook kyk na Wikinuus:storie voorbereiding om te sien of iemand nie dalk alreeds aan die storie begin werk het nie.

As jou storie nog nie gedek is nie, skep dit in die ruimte wat bo beskikbaar is. Verwys asseblief na die Wikinuus stylgids vir die huidige praktyk rondom opskrite. Klik dan op die Stoor knoppie onder die teksarea, en klik dan op die rooi skakel om die artikel te skep.

Dateer jou storie en lys dit as ontwikkelend

Maak seker dat jy die gepaste datum by jou artikel plaas deur die volgende by te voeg, as dit nie reeds daar is nie:

{{datum|October 28, 2006}}

of

{{datumlyn|datum=October 28, 2006|ligging=Plaas JOU ligging hier}} - NB Gebruik hierdie slegs wanneer jy eerstehands verslaggee en jy persoonlik teenwoordig of betrokke was by die nuusgebeure.

Begin dan 'n nuwe reël, en plaas die teks {{Ontwikkel}} by jou nuwe artikel as dit nie alreeds daar is nie.

Dit sal dit ook automaties kategoriseer onder die datum wat jy spesifeer, en op die lys van Ontwikkelende stories plaas in die Werkspasie op die Tuisblad.

Skryf jou storie in 'n 'nuus'-styl

'n Sekere mate van eenvormigheid in skryfstyl het, deur "common sense", tradisie, evolusie en navorsing, ontwikkel in die meerderheid van die nuusmedia. Vir wenke oor hoe om 'n effektiewe nuusstyl te bekom, sien die Wikinuus:Stylgids.

Jou storie moet ook voldoen aan die neutrale oogpunt-beleid van Wikinuus - dit is, om alle kante van die storie regverdig te verteenwoordig.

Lys jou bronne

Wanneer jy klaar is met jou artikel, moet jy jou bronne lys, sodat ander dit kan nagaan en ook kan bydra tot die verbetering van die artikel.

Omdat alle informasie benodig word vir verwysings, kan enigiets wat jy skryf wat nie ondersteun word deur genoegsame bronne nie verwyder word!

Die wyse waarop dit gedoen verskyn onder, almal onder die opskrif ==Bronne==:

Om jou teks se formaat te verkry soos dit hierbo verskyn, gebruik die volgende sjabloon (Engels = "template"):

*{{bron|url=plaas_webadres_hier
|titel=plaas_titel_hier
|skrywer=plaas_skrywer_hier
|uitgewer=plaas_uitgewer_hier
|datum=October 28, 2021}}

Om dit duidelik te maak, die velde is url, titel, skrywer, uitgewer, en datum.

Dit maak nie saak in watter volgorde jou bronne verskyn nie. As daar nie inligting vir een of meer velde is nie, laat net 'n spasie na die "=".

Eerstehandse verslaggewing?

As jy jou artikels self skryf en "in die veld" werk, is die bostaande afdeling nie van toepassing nie. Lees eerder Wikinuus:Eerstehandse verslaggewing vir inligting.

Voeg die regte kategorieë by

Elke artikel moet onder een of meer kategorieë gelys word, sodat dit gevind kan word sodra dit verwyder word van die Nuutste nuus bladsy, en ook sodat dit gelys kan word onder die korrekte Streek- en Onderwerpbladsy. Sien die AfdelingLys om te sien watter kategorieë is van toepassing. Voeg hulle by deur [[Kategorie:<kategorienaam>]] aan die einde van die teks by te voeg. Jy kan slegs een kategorie op 'n slag byvoeg, gebruik dus 'n nuwe [[Kategorie: ... ]] vir elke kategorie wat jy verlang.

Lys jou artikel sodat ander dit kan lees!

Verwyder net die {{Ontwikkel}} merker en plaas dan die {{Publiseer}} merker. Dit maak nie saak waar jy dit op die bladsy plaas nie. Dit sal dan jou storie lys op die Tuisblad.

Opsionele stappe

Terwyl jy aan 'n artikel werk

Om wysigingsoorloë te voorkom, kan jy die {{besig}} merker aan die bokant van die artikel plaas. Verwyder dit net sodra jy klaar is.

Voeg beelde by

Jy kan dalk beelde by jou artikel wil byvoeg. Selfs al is daar nie enige beelde beskikbaar van die gebeure self nie, kan dit die leser help as jy 'n grafiek, 'n kaart, of 'n ikoon van 'n verteenwoordiger van die gebeure byvoeg.

Gebruik die Verwysingsdepartement om beelde te vind wat jy kan oplaai, of neem jou eie fotos (sien digital camera), of jy kan selfs jou eie sketse maak (deur 'n gratis program te gebruik, soos the Gimp, byvoorbeeld).

As jy beelde wil oplaai wat in die Publieke Domein is, gebruik die "Commons" beeld-, klank- en leggerbiblioteek. Gebruik hierdie skakel om direk na die laai bladsy te gaan. Jy sal ook moet registreer as 'n gebruiker by die "Commons", as jy dit nie alreeds gedoen het nie.

Jy kan slegs 'vrye (met ander woorde, vry om te gebruik na wil) beelde by die "Commons". Verder kan jy "fair use" beelde direk by Wikinuus laai. Lees asseblief die "fair use" riglyne deuglik deur voordat jy 'n beeld oplaai by Wikinuus; as jou beeld nie die "fair use" riglyne nakom nie, sal dit verwyder word. As jou beeld wel toelaatbaar is, gebruik asseblief hierdie skakel om beelde op te laai by Wikinuus.

Is jou storie tans in verwikkeling?

Indien dit waar is, kan jy toepaslike sjablone vind om by jou storie te voeg by {{Sjabloon:Huidige verwikkelinge]]. Hierdie sjablone sal outomaties die toepaslike beelde by jou storie plaas en dit in die regte kategorieë plaas.

en:Wikinews:Writing an article es:Wikinoticias:Escribir un artículo fr:Wikinews:Rédaction d'un article it:Aiuto:Scrivere un articolo ja:ウィキニュース:記事の書き方