Af.wikinuus:Oorspronklike verslaggewing

As jy voel dat jy dit sal kan aanpak, sal dit nuttig wees om eerstehandse joernalisme, of verslaggewing eerder, te doen, om mense of organisasies direk te kontak en 'n onderhoud met hulle te voer, of om ander ongepubliseerde inligting van hulle te bekom. Jy kan dalk ook 'n artikel wil skryf oor een of ander nuuswaardige gebeurtenis waarvan jy 'n ooggetuie verslag kan lewer.

Hou notasEdit

Jy moet bewyse van alles kan lewer van alles wat jy in 'n oorspronklike artikel plaas. Daar is dit van kardinale belang dat jy genoegsame notas maak, en jou notas op die artikel se besprekingsbladsy plaas. Plaas 'n Eerstehandse verslaggewing sjabloon {{oorspronklik}} merker by jou storie. Sluit alles wat jy kan in by die artikel, insluitende (byvoorbeeld) kopieë van onderhoude en e-posboodskappe. Jy kan ook bandopnames van oplaai by die "Commons".

Wanneer jy notas maak, kan jy probeer om korthandnotas te maak, deur byvoorbeeld konsonante uit te laat. Dui ook direkte aanhalings aan.

Maak seker dat jy jouself duidelik identifiseer op die artikel se besprekingsbladsy, sodat ander kan weet wie die bewyse/inligting kan verifieer. Wikinuus is nie 'n wetenskapsjoernaal wat nagegaan word nie, maar ons wil graag ernstig opgeneem word, en elke bietjie oorspronklike en geverifieerde inligting help. Bewyse wat van 'n onbekende bron is, is nie bewyse nie.

Moet asseblief nie feite verkeerd weergee nie, of die artikel toepak onder inligting wat nie bronne het nie.

EthiekEdit

Joernaliste moet 'n Kode van Etiek volg, sommige aspekte wat relevant mag wees in jou gedrag wanneer jy derde-party bronne kontak. Ander gedrag word as vanselfsprekend aanvaar in onderhoudsituasies, wat dalk nie gedokumenteer is in die Kode van Etiek nie, maar wat elders gedokumenteer behoort te wees. Sommige hiervan is onder gedokumenteer, maar dit is nie hierdie dokument se intensies om gedetailleerde inligting te verskaf rakende onderhoudvoering nie.

Om met jou bronne te praatEdit

Probeer om 'n groot verskeidenheid van bronne te kry. Veral vir bespreekbare onderwerpe, kry in so 'n geval bronne van opponerende kante.

Jy moet vooraf jouself identifiseer aan jou bron, en hulle inlig, indien jy 'n opname maak, en wanneer jy 'n onderhoud voer.

Jy moet ook alle korrespondente inlig dat jy hulle antwoorde wil publiseer. Vra vooraf, omdat dit goeie maniere is, en omdat dit nie maklik is om iemand te oorreed nadat hulle die inligting verklap het nie!

As hulle nie daartoe instem nie, maak seker dat jy nie hulle korrespondensie in geheel op hierdie webwerf publiseer nie, haal eerder relevante aanhalings van dit wat jy benodig, aan. "Fair use" of "fair dealing" beskerm dit in die meeste lande, insluitende die Verenigde State, waar die af.wikinews.org bedieners gehuisves is, vir die verslaggewing van nuus. Maar niks meer as wat nodig is word beskerm nie. Jy moet ook die wet in jou eie land navors, om seker te maak dat jy binne die wet werksaam is.

Jy moet ook uitvra rakende die kopieregte vir enige materiaal, beelde, of ander media wat die bron mag lewer en wat jy op die webwerf wil gebruik. Die meeste kommersiële organisasies sal heel waarskynlik nie instem dat hulle materiaal in die publieke domein geplaas word nie, daarom moet jy nie te veel verwag nie. Daarom sal jy moet terugval op "fair use/dealing".

Joernaliste se sieninge verskil rakende die gebruik van bandopnemers. Baie sê dat daar nie te veel op bandopnemers gesteun behoort te word nie.

In 'n onderhoud, help dit gewoonlik om jou bron gerus te stel.

Wanneer jy onseker is oor enigiets, maak dit duidelik.

Name is baie belangrik, en word maklik verkeerd weergee. Sommige joernaliste sal name neerskryf en dit aan die bron wys om die spelling te bevestig.

Dit is die beste om onderhoude te voer naby aan die bron: byvoorbeeld, by hulle werksplek in plaas van oor die foon. Inligting van persverklarings, oor die foon, of via e-pos, moet ook aangedui word as sulks.

Jy moet normaalweg voorberei vir onderhoude deur meer inligting rakende die persoon se agtergrond te bekom. Byvoorbeeld, as jy 'n onderhoud met 'n burgemeester voer, behoort jy hom nie te vra wanneer hy verkies is nie. Jy moet dit vooraf nagaan elders anders.

Wat hulle sê en doen voor en na die onderhoud, moet as "off-record" beskou word, dit is, jy behoort nie enige aanhalings te gebruik van daardie tydperk nie, en gewoonlik moet jy niks anders daarvan gebruik nie, behalwe om die algemene 'gevoel' te ontwikkel. Jy moet die bron spesifiek vir toestemming vra om enige "off-record" inligting te gebruik.

Omdat Wikinuus geen formele goedkeuringsproses het vir skrywers nie, moet jy jouself as 'n onafhanklike skrywer/navorser bekendstel aan jou bron, en nie as 'n 'verteenwoordiger' van Wikinuus nie. Jy mag jou bron natuurlik inlig aangaande waar en wanneer jy van plan is om die inligting te publiseer, maar maak seker dat hulle verstaan dat jou eie sieninge en aktiwiteite nie verteenwoordigend is van enigiemand anders wat Wikinuus gebruik nie, en nog minder reflekteer die reputasie van Wikinuus op jou. Dit is 'n oop, publieke nuusforum, met wisselende kwaliteitsbeheer, op die beste.

Wees vriendelik en tree op sonder vooroordeel.

Ooggetuie verslaeEdit

Wanneer jy verlaglewer as 'n ooggetuie van 'n gebeurtenis, verduidelik korteliks in die Oorspronklike verslaggewing notas afdeling van die Besprekingsbladsy (soos bespreek bo) wie jy is, en waarom jy teenwoordig was, met betrekking tot die gebeurtenis. In hierdie omstandighede is jy die bron, en ander mag jou dalk wil kontak vir verifikasie, 'n onderhoud of vir ander inligting.


Eksterne skakelsEdit

Onderhoude
Die basiese van verslaggewing
Joernalistieke webwerwe

n:de:Wikinews:Originäre Berichterstattung n:en:Wikinews:Original reporting n:pl:Wikinews:Materiał autorski n:ja:ウィキニュース:独自の取材