LET WEL: Die onderstaande teks is deur 'n vrywilliger opgestel vanaf die Engelse oorspronklike. Hierdie teks kan verouderd, onvolledig of onakkuraat wees. By enige twyfel moet die Engelse oorspronklike geraadpleeg word, ten einde die vertaling te verbeter.

The licensing update has been executed.
The results are available here. Please be aware that pages need to be updated to reflect the result and that some information may be obsolete. In the meantime, viewing the LU timeline might be helpful. Help with translations is of continuing appreciation.

Shortcut:
LU
Die Raad van Trustees van die Wikimedia Stigting nooi die Wikimediagemeenskap uit tot 'n stem oor hierdie voorstel om Wikimedia-materiaal te lisensiëer sodat dit beskikbaar is onder die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie, GB-en-GE (d.i. Creative Commons Attribution-ShareAlike, CC-BY-SA), terwyl gelyktydige lisensiëring met die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie (GVDL) behou word. Die Raad het moontlike lisensiëringsopsies vir Wikimedia-materiaal oorweeg, en glo dat hierdie voorstel die bes moontlike roete aandui na ons gemeenskaplike doelwit van versameling, ontwikkeling en aanbieding van opvoedkundige materiaal, en die beskikbaarstelling daarvan aan mense oraloor, heffingsvry en vir alle tye.

Spesifiek is die Wikimedia Stigting se voorstel vir aanpassing van webtuistewye lisensiërings- en gebruikersterme vir alle projekte as volg:

  1. om alle inhoud wat tans onder die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie (met “opvolgweergawe” klousule) aangebied word, addisioneel beskikbaar te stel onder GB-en-GE 3.0, as uitdruklik gemagtig deur die nuutste GVDL-weergawe;
  2. om hierdeur volgehoue dubbellisensiëring te vereis van die bydraergemeenskap, maar om GB-en-GE-suiwer inhoud te aanvaar komende van derdepartye (GVDL-suiwer inhoud komende van derdepartye word egter nié meer aanvaar nie);
  3. om hergebruikers te verwittig dat inhoud wat ingevoerde GB-en-GE-suiwer inligting insluit, nié onder die GVDL gebruik kan word nie.

Aangesien dit as ooreenstemmend met die aanvaarde beleid en praktyk geag word, asook met die GB-en-GE lisensiëringsmodel, sal van outeurs en gebruikers verwag word om vermelding deur hergebruikers te magtig; minstens sal dit gedoen word deur plasing van 'n lewendige skakel of URL na die artikel waartoe hulle bydra.

Sien asb. Vrae en Antwoorde vir 'n meer volledige oorsig.

Motivering edit

Die kernmotivering vir hierdie voorgestelde verandering is as volg:

  • Ons kan nié tans teks deel (heen of weer) tussen projekte wat die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensies (d.i. Creative Commons Attribution/Share-Alike) benut nie. Die Gemeenbruiklike Lisensies (Creative Commons) word benut deur honderde tot duisende outeurs wêreldwyd (sien statistieke), namate dit snel aanvaar is as die mees omvattendaanvaarde en -gebruikte regshulpmiddel tot vrystelling van regte op werke buiten sagteware. Hierdie dusvêre hindernis tot intergebruiklikheid van vrygestelde kennis van ander nie-winsgewende organisasies of aanlyn-gemeenskappe wat kennis vrystel, is gevolglik ook 'n hindernis tot Wikimedia se missie.
  • Die GVDL is potensiëel swaar voorskriftelik, soos die vereiste om die volle lisensieteks by elke kopie in te sluit. Hierdie vereistes belas hergebruik van beide teks en multimedia (gesproke of gedrukte weergawes van artikels, drukwerk of afbeeldings, ens.). Wikimedia is toegewy aan die wydsmoontlike beskikbaarstelling van vrye kennis. Terwyl ons gebruiksterme altyd laer drumpels tot hergebruik voorgestaan het, lei hul onverenigbaarheid met die lisensieteks tot vrees, onsekerheid en twyfel omtrent die skeiding tussen regsvoldoening en -oortreding. Dit bevoordeel sodanige hergebruikers wat regsraad en -navorsing kan bekostig, teenoor ander, en is eweneens onverenigbaar met Wikimedia se missie.

Die voorgestelde lisensiëringsopdatering is ontwerp om groter intergebruiklikheid te bewerkstellig, asook toegenome hergebruik van vrye kennis, wêreldwyd, tot diens van ons visie: 'n wêreld waarin elke enkele mens vrylik deel in die som van alle kennis.

Besluitnemingsproses edit

Deelname edit

'n Stem sal aan die Wikimedia-gemeenskap voorgelê word om te besluit oor implementering van die verandering. Alle gebruikers (met uitsondering van botte) wat minstens 25 wysigings tot enige Wikimedia projek bygedra het voor 15 Maart 2009 is welkom om deel te neem aan hierdie stemming.

Stemproses edit

Die stem sal bestaan uit drie opsies:

  • Ja, ek is ten gunste van hierdie verandering
  • Nee, ek is gekant teen hierdie verandering
  • Ek het geen opinie oor hierdie verandering nie

Indien minder as 50% van die stemmers hierdie verandering voorstaan, sal nie onmiddellik tot implementering oorgegaan word nie, en verdere Raadsvlak- en gemeenskapskonsultasie sal volg.

As 50% of meer van die stemmers 'n voorkeur uitspreek ten gunste van die verandering, sal dit verwys word na die Raad van Trustees vir goedkeuring. Afhangend van die uitkoms van die stem en die aard van die besware, mag die Raad besluit om verder te beraadslaag, die voorstel aan te pas, of te implementeer soos voorgestel. Indien die Raad die voorstel goedkeur, sal dit 'n spesifieke datum voorhou vir implementering.

Die stemming begin op 12 April 2009 en eindig op 3 Mei 2009. 'n Voorskriftelike tydrooster kan gevind word by Tydrooster.

Tydens en voor die stemming, kan kommentaar geplaas word by Talk:Licensing update.

Voorgestelde gebruiksvoorwaardes edit

Hierdie gebruiksvoorwaardes sal geïmplementeer word oor alle webblaaie wat tans die GVDL gebruik:

  • Die artikelblad se voetnota sal aangepas word om te lees:

Alle teks is beskikbaar onder die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie (d.i. Creative Commons Attribution/Share-Alike). Teks mag ook beskikbaar wees onder die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie. Sien ((skakel na kopieregbeleid)) vir verdere besonderhede. Sien die bladgeskiedenis vir 'n outeurslys. Medialêers is beskikbaar onder verskillende lisensies; kliek die lêer vir meer inligting.

  • Gebruiksvoorwaardes op wysigingskerm sal aangepas word om te lees:

Deur 'n wysiging aan te bring, stem jy in om jou bydrae vry te stel onder die voorwaardes van die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie (d.i. Creative Commons Attribution/Share-Alike) en die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie. Van hergebruikers sal verwag word om jou te vermeld, minstens deur 'n lewende skakel of URL aan te bring na die artikel waartoe jy bydra, en jy aanvaar hierdeur dat sodanige vermelding voldoende is in enige medium. Sien ((skakel na kopieregbeleid)) vir besonderhede. Indien jy nie jou skryfwerk aan intensiewe en willekeurige wysiging en heraanbieding wil onderwerp nie, moet dit dan nie hier aanbied nie. Jy belowe ons ook dat jy hierdie bydrae self geskryf het, of gekopiëer het vanaf 'n publieke domein of soortgelyke vrye bron. MOET ASB. NIE KOPIEREGBESKERMDE WERK SONDER TOESTEMMING HIER PLAAS NIE.

  • 'n Standaardkopieregbeleid sal verskaf word, wat letterlik vertaal moet word na ander tale. Benewens die teks van beide lisensies, sal die beleid die volgende verwagtinge van hergebruikers insluit (d.w.s. riglyne vir gebruik onder GB-en-GE):
  • Vermelding van teks: Om 'n artikelbladsy in enige vorm aan te bied, te hersirkuleer of versprei, moet erkenning aan die outeurs verleen word, insluitend a) 'n lewende skakel (waar moontlik) of URL na die artikel of artikels wat jy hergebruik, b) 'n lewende skakel (waar moontlik) of URL na 'n alternatiewe, stabiele en vrylik toeganklike aanlynkopie, wat aan die lisensie voldoen, en wat erkenning gee aan die outeurs, op 'n wyse gelykwaardig aan die erkenning op hierdie webblad, of c) 'n volledige outeurslys. (Enige outeurslys mag egter besonder klein of irrelevante bydraes uitlaat.)
  • Vermelding van ryk media: Ryk media (beelde, klank, video, ens.) wat saamgestel is deur substantiewe samewerkings deur minstens vyf mense kan insgelyks teksbydraes erken word; ander ryk medialêers moet erken word in enige redelike wyse deur die bydraer(s).
  • Vermelding van ekstern bygedrae inhoud: Bostaande erkenningsvoorwaardes geld vir inhoud ontwikkel en opgelaai deur die Wikimedia gemeenskap. Teks en ryk media bydraes afkomstig van eksterne bronne mag bykomende erkenningsvoorwaardes vir die werk eis, wat ons sal strewe on akkuraat vir jou aan te toon.
  • Kopielinks/Gemeenbruiklik en Gelykdelend (d.i. Copyleft/Share and Share Alike): Indien jy enige aanpassings maak of byvoegings maak tot die werk wat jy hergebruik, moet jy dit lisensiëer onder die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie 3.0 of later. (d.i. Creative Commons Attribution-Share-Alike License 3.0 or later)
  • Aanduiding van veranderinge: Indien jy enige byvoegings of aanpassings maak, moet jy op redelike wyse aandui dat die oorspronklike werk aangepas is. Indien die werk in 'n wikibladsy hergebruik word, is die aanduiding deur die bladgeskiedenis aanvaarbaar.
  • Vir verdere besonderhede, verwys asb. na die regskode van die GB-en-GE Lisensie.

  • Die kopieregbeleid sal die volgende stelling insluit m.b.t. die insluiting van inhoud deur derdepartye onder die GB-en-GE lisensie:

Jy mag enige teks invoer vanaf ander bronne wat beskikbaar is onder die GB-en-GE lisensie, selfs as dit nie beskikbaar is onder die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie nie. Jy is onder geen verpligting hoegenaamd om sodanige inhoud ook onder die GVDL te verkry nie. Daarteenoor mag jy egter nié teks invoer wat slegs onder die GVDL beskikbaar is nie. Indien jy teks invoer onder die GB-en-GE lisensie, moet jy hou by die gebruiksterme van die lisensie; spesifiek moet jy op redelike wyse erkenning gee aan die outeur(s). Waar sodanige erkenning gegee word deur bladgeskiednisse (soos wiki-tot-wiki kopieëring), is dit voldoende om erkenning te gee in die wysigingsopsomming, wat op die bladgeskiedenis aangeteken word, tydens die invoer van sodanige inhoud.

  • Die kopieregbeleid sal insluit die volgende stelling m.b.t. hergebruik onder die GVDL:

Indien jy bladsye wil hergebruik onder die voorwaardes van die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie, moet jy verseker, vir elke bladsy wat jy hergebruik, dat dit nie inligting insluit wat uitsluitlik onder die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie (GB-en-GE) gelisensiëer is nie. Dit behoort op die bladgeskiedenis, die voetnota of besprekingsbladsy aangetoon word. Indien sodanige inligting ingesluit word, kan jy nie die bladsy onder die GVDL hergebruik nie. Hersienings uitgevoer voor ((datum van lisensiëringsopdatering)) kan redelikerwys verwag word om nie enige GB-en-GE-suiwer teks in te sluit nie.

Die bewoording van hierdie terme mag voortaan redelikerwys aangepas word deur die Wikimedia Stigting vir die doeleindes van verduideliking en verklaring.

Ten einde wil ons die gemeenskap aanmoedig om medialêers wat tans gelisensiëerd is onder die GVDL (maar nie dié onder die "GVDL 1.2 suiwer" lisensie nie) aan te dui as bykomend beskikbaar onder GB-en-GE.